Thabazimbi Boogklub tydens Landbouskou

Foto vlnr: Hannes Scheepers [onder voorsitter], Pierre van der Walt, [oraniseerder en baan-bouer], Jan-Louis Venter.
Foto vlnr: Hannes Scheepers [onder voorsitter], Pierre van der Walt, [oraniseerder en baan-bouer], Jan-Louis Venter.

THABAZIMBI – Met so net onder die 40 inskrywings het die uitdagende baan wat Pierre en Hannes gebou het al die skuts op hul tone gehad. Mense het weer van verskeie oorde gekom om aan die Kompetisie deel te neem. Buiten die Proteas was daar ‘n groepie van Botswana wat ook vir die dag deurgekom het.
Die weer het mooi saamgepeel en gesorg vir windstil tye wat die skuts bevoordeel het.
Daar was 2 afdelings, naamlik die wat met ‘n Range Finder geskiet het en die wat Oop styl met ander woorde, die wat die afstand van die ‘budds’ moes skat.
Die Protea skut, HJ Swanepoel het die dag algeheel gewen met ‘n punt van
364. Ons wens hom alle voorspoed toe waar hulle nou die 22ste Augustus vertrek na Hongerye om daar aan die Wereldkampioenskappe te gaan deelneem.