‘n Groot boom in die Bosveld het geval

Hester Olivier is skielik in haar slaap oorlede op 4 Augustus. Haar gedenkdiens was 7 Augustus gehou te Bioskoopsaal in Thabazimbi.
Hester Olivier is skielik in haar slaap oorlede op 4 Augustus. Haar gedenkdiens was 7 Augustus gehou te Bioskoopsaal in Thabazimbi.

Hester Olivier is Dinsdagoggend 4 Augustus stil in haar slaap oorlede op die ouderdom van 77.
Hester het ongeveer vir 40 jaar by Yskor gewerk. Na haar aftrede het sy voltyds aangegaan met bestuursles. Wie kan nie die klein rooi bakkie van die Ry Veilig Bestuurskool onthou nie! Honderde volwassenes en kinders is baie geduldig deur haar hande by hul eie toetsbaan by die Spitskop plotte.
Sy was ook ‘n spysenier van formaat. Die troues en ander funksies wat sy gedoen het, kan nie getel word nie.
Haar familie en so baie vriende gaan haar baie mis. ‘n Gedenk diens vir Hester word gehou in die ou Bioskoopsaal van Kumba Thabazimbi om 11:00, vandag, 7 Augustus 2015.
Sy word oorleef deur haar man Hannes en seun François en kleinkind François en een agterkleinkind.