Kuier-kuier om die braaiers

Die beoordelaars moes fynproe aan die geregte wat bewys het dat die mense van Thabazimbi hul braai ernstig opneem met heelparty geregte wat van oorspronklikheid getuig het. Op die foto is die beoordelaars van links: Thys die Bosveldklong, Pieter Coetzee (Kwêvoël) en Hennie Theron (Pick n Pay Thabazimbi).
Die beoordelaars moes fynproe aan die geregte wat bewys het dat die mense van Thabazimbi hul braai ernstig opneem met heelparty geregte wat van oorspronklikheid getuig het. Op die foto is die beoordelaars van links: Thys die Bosveldklong, Pieter Coetzee (Kwêvoël) en Hennie Theron (Pick n Pay Thabazimbi).

THABAZIMBI – Die braaivleiskompetisie wat tydens vanjaar se Thabazimbi Skou aangebied is, het maar weereens bewys dat braai maar een van ons tradisies in Suid-Afrika is waar lekker gekuier word met braaiers wat nie bang is om ook so ‘n bietjie te eksperimenteer nie.
Groente en vleissosaties, Rump, fillet en Sirloin – tot ‘n Miskruier-bal voorgereg was op die spyskaart. Daarby het elkeen nog sy eie variasie van hoe om ‘n potbrood reg te kry vir die bak, al is dit in ‘n beker.
Met die tema “Terug in die verlede” was dit opvallend hoe die deelnemers hul temas uitgeleef het. Met Gatsby uit die twintiger jare het die hele span en ondersteuners jou teruggevat na die jaar voor die Royal Hotel toe die Chralston die dans van die dag was (gaan kyk gerus op youtube, tik net in Charleston dance). Gelukkig het hulle nie gedans nie – dit sou ‘n skouspel op sy eie gewees het.
Almal was heel verras toe die rebelle, die jongste inskrywing, met die loure wegstap. Wys maar net, as dit in ‘n boer se bloed is, doen jy dit, selfs met jou eie ingemaakte lemoen en kumkwartkonfeit en ‘n lemoen poeding om dit mee af te rond.
Thys “Die Bosveldklong” was heeltyd daar om die spanne aan te moedig en nog so tussendeur te kom proe hoe hulle vaar. Dit was beslis ‘n bonuspunt. Miskien kon die organiseerders die braai-arena in die middel van die roete na die biertuin sit sodat meer mense die kuier saam met Thys kon geniet.
Met al die kuiery het die braai so ‘n bietjie later klaargekry maar dit het niemand gestop om so ‘n rukkie langer te kuier nie en sommer oor te skuif na die biertuin waar daar nog verder gekuier is.
Pick n Pay Thabazimbi het al die pryse vir hierdie kompetisie geborg sowel as die pryse vir die Boeresport.
Die pryswenners het met die volgende pryse weggestap:
1st prys R3000 Pick n Pay koop bewys – gewen deur die Rebelle (Ds. Adriaan Appelgryn se twee seuns)
2 de prys R1500 Pick n Pay koop bewys – gewen deur die Boertjies van die bosveld (Khaya Kwa Restaurant)
3 de prys R750 Pick n Pay koop bewys – gewen deur die Jaloers broers .
Dan wil Pick n Pay net dankie sê aan die volgende borge vir die Boere Sport pryse. Thaba Boog en Hengel vir die borg van die ketties en knipmesse. Kransberg wapens vir die borg van 2 knipmesse, Unilever, Crown national, Freddy Hirst, CMS en CMR
Die Braaiers vir die kole was geborg en gebou deur CM Recycling.