Frikkies sit opmars voort

SuperRugby1
THABAZIMBI – Die onder 15 A-rugbyspan van Hoërskool Frikkie Meyer het seker gemaak dat hul na die kwarteindrondte van die Noordvaal/Beeld kompetisie vir Groot Skole deurdring deur Saterdag oortuigend teen Hoërskool Ligbron te wen. Nadat die Frikkies teen halftyd met 11 – 0 voorgeloop het, het hul in die tweede helfte die voorsprong vergroot na 23. Ligbron kon daarin slag om in die tweede helfte na volgehoue druk ‘n drie aan te teken, maar dit was nie genoeg om die Frikkies te klop nie. Die eindtelling was 23 – 5 en die puntemakers vir Frikkie Meyer was William Thulare (‘n drie, een vervyfskop en twee strafdoele), Erik Snyman (drie) en Victor Potgieter (drie).
Die span kom aanstaande Saterdag te staan teen Linden in die kwartfinaal. Die wedstryd vind om 09:00 plaaas op die A-veld van Hoërskool Frikkie Meyer om 09:00. Kom ondersteun gerus dié spannetjie.