Koedoeskop krieketspelers leer baie tydens toer

31-LS Koedoeskop krieket
Laerskool Koedoeskop op 20 Julie vertrek vir hul jaarlikse kriekettoer. Hierdie toer het beide die o/11 en o/13 spanne ingesluit. Sommer met die intrapslag het hulle teen Laerskool Lord Milner kolwe gekruis.. Van ons vernaamste prestasies op toer het ingesluit ‘n hattrick deur Quinten Steenkamp, 6/28 deur Ian Botha, so nie uit deur Gerdro Grobler en so nie uit deur Gustav Grobler.
Die seuns het klein Kariba tuisgegaan waar hulle heerlik gekuier, gelag en seuns kon wees “What happens on tour, stays on tour”.
Die skool bedank elke seun wat die toer meegemaak het asook elke ouer se ondersteuning met besonderse dank aan die onderwysers, mnre Gideon, Zarius, Wynand en Dijan, wat die toer meegemaak het. Die skool en afrigters sien uit na die komende krieketseisoen om alles wat hulle geleer het te kan toepas.