HFM Toerisme reis na Europa

31- Toer PARYS, EIFFEL TORING
THABAZIMBI – Sekerlik een van die grootste ervaringe wat ‘n jongmens kan hê is om reeds gedurende jou skooljare ver buite die grense van Suid-Afrika te mag reis. Net om te sien dat alhoewel dit vreemd en so anders is, bly mense tog maar dieselfde is. ‘n Belewenis wat jou hele lewe lank jou sal bybly.
Hierdie voorreg het 23 leerlinge van Hoërskool Frikkie Meyer te beurt geval toe hulle op 29 Junie vanaf Thabazimbi vir 14 dae na Europa vertrek het. Hulle is deur drie onderwysers, Christi Swart, Anneri Jordaan en Annabelle Tromp, asook ‘n paar ouers op die toer vergesel. Na baie gesukkel om al die papierwerk afgehandel te kry is almal eindelik oppad na Kaïro in Egipte om later ‘n aansluitingsvlug na Amsterdam te kry. Alhoewel in die land van die groot piramides, was daar nie geleentheid om dit te besoek nie.
Groot was ons verbasing om te sien dat die son nie sewe dertig in die aand sak nie maar baie ure later om 22:00. Hierdie toer was nie vir sussies nie! Dit was vroeg opstaan en dan tot laat wakker bly om by al die verskillende hoogtepunte uit te kom.
Die eerste stad wat hulle besoek het was Amsterdam in Nederland. Hulle vaar op die Rheinrivier op die Boot Loreley, daarna besoek hulle Duitsland, Cologne, Innsbrook, Ostia Antica en Oostenryk,
In Italië ry hulle op die Gondels in Venesië en besoek ‘n tradisionele glasblaas fabriek en Swarovski Kristal fabriek. In Rome besoek hulle die Colloseum en die Vatikaanstad, die Dawid beeld in Florence en die leunende toring van Pisa, die plek waar Pinnocchio gebore is, in Italië.
Ons ry deur die ongelooflike natuurskoon van Tuscany, Geneva en in Switzerland word daar gejodel, op die Alpfenhörn geblaas en gaan hulle met die wêreld se eerste oop kabelkar op na die hoogste kabelroete in die Alpe – daar vind hulle toe Heidi en Peter se huis en het ‘n ongelooflike uitsig oor die berge en oor “Lake Lucern”. Hulle reis op die boot Pegasus op die meer en besoek die eg switserse mes verkopers by Casagrande. Daarna neem die toer hulle na Parys waar hulle op die seine rivier vaar, en besoek die Eiffel Toring, Monte Mart, Notre Damme, Arc de Triomph, asook die Louvre waar ons die Mona Lisa sien en nog vele meer.
Wat ‘n belewenis was die toer vir ‘n ieder en ‘n elk. Met behulp van uitstekende toergidse het hulle baie van die ou geboue, kerke, katedrale en die geskiedenis van die verlede geleer.
Die twee weke het te vinnig verby gevlieg en almal is dit eens, dat dit ‘n ervaring van ‘n leeftyd was! Die leerlinge van Frikkie Meyer was uitstekende ambassadeurs en het die skool se naam hoog gehou.
Die spreekwoord wat sê: “Reis is ‘n ervaring wat jou geld kos, maar jy kom ‘n ryker persoon terug” is baie waar.