Borgskap vir teen-stropings honde eenheid

Op die foto is van links na regs: Mnr Pieter de Klerk, een van die weldoeners wat gehelp het om borge vir hierdie saak te werf, mnr Johan Taljaard, Parkbestuurder van Marakele Nasionale Park en dr Mari Naude, eienaar van Kransberg Dierekliniek)
Op die foto is van links na regs: Mnr Pieter de Klerk, een van die weldoeners wat gehelp het om borge vir hierdie saak te werf, mnr Johan Taljaard, Parkbestuurder van Marakele Nasionale Park en dr Mari Naude, eienaar van Kransberg Dierekliniek)

THABAZIMBI – Mnr Johan Taljaard, Parkbestuurder van Marakele Nasionale Park, het op Maandag 27 Julie 2015 ‘n donasie in ontvangs geneem by Kransberg Dierekliniek.
Die donasie is ten bate van Marakele Nasionale Park se spoorsnyhonde wat ‘n integrale deel uitmaak van die park se veldwagterspanne verantwoordelik vir teenstropingsoperasies. Die donasie sluit in n voorraad hondekos en beddens vir die honde. Die park se veldwagterspanne, insluitend die spoorsnyhonde en hondehanteerders, is hoogs opgelei om die stroping van wild in die algemeen en veral renosters te bekamp. Die veldwagterspanne was tot dusver baie suksesvol in die bekamping van stropery en ondersteuning van die publiek word waardeer. Dit moet in gedagte gehou word dat renosters n nasionale bate is wat tans bedreig word deur stropery.
Mnr. Taljaard het sy dank betuig teenoor Kransberg Dierekliniek, Hills Hondekos en al die privaat skenkers wat die inisiatief moontlik gemaak het.
Die volhoubaarheid van die inisiatief is totaal afhanklik van skenkings en persone of instansies wat n bydrae wil maak tot die voeding en instandhouding van die honde kan skenkings deponeer in die volgende rekening:
Kransberg Dierekliniek
FNB THABAZIMBI – Rek Nommer: 62308811050
Verwysings nommer: 31767 (Gebruik asb die verwysingsnommer wat aan die Marakele Projek gekoppel is)