Bibberende koue Pa-en Seun Dag vir Koedoeskop

31-LS Koedoeskop pa-en-seun
Laerskool koedoeskop het hul Pa en seun visvang dag op 18 Julie 2015 het aangebied. Op die bitter koue wintersoggend wat die temperatuur -6°c gedaal het, het die ouers en seuns die koue langs die viswaters trotseer. Met die bosveldson wat prentjiesmooi sy kop uitgesteek het, het die manne hul lyne in die water gekry en die ketel gekoop. Die dag het baie mooi uitgedraai, en daar is lekker gekuier rondom die dam. Alhoewel die nette nie vol vis was nie, was die dag n groot sukses. Die wenners van die dag was Tertius Schoeman en sy twee seuns Divan en Xander met Chris Viljoen in die tweede plek saam sy seun De Wet. Die skool bedank Gert de Beer vir die gebruik van sy dam en ook vir sy borgskap van die eerste prys. Dankie ook aan Swys Frustenburg vir die tweede prys- en ook Tertius Schoeman vir die derde prysborgskappe. Daar sal later die jaar weer n visvangdag gehou word. Stywe lyne koedoes – (meneer Gideon van Dyk).