Thabazimbi Kunste Eisteddfod net om die draai

mail.google.com
THABAZIMBI – Vanaf 11 tot 15 Augustus is dit net kultuur en kunste in Thabazimbi! 544 inskrywings is ontvang!! Die volledige Program is op ons webwerf by www.kunstegrot.co.za onder Kunste Eisteddfod.
Progrom in hooftrekke is as volg:
11 Augustus is die Musiek Vokaal aan die beurt om 7:30 by die KunsteGrot en om 19:00 is dit die HFM Revue groep by HFM se skoolsaal.
12 Augustus begin die Musiek Instrumentale afdeling om 07:15 by die KunsteGrot en om 12:00 begin die Hoërskool Drama by die KunsteGrot.
13 Augustus is die Drama van Gr 4-7 aan die beurt om 07:15 by die KunsteGrot en om 16:00 is die Gr R – 7 se Gedramatiseerde Items.
14 Augustus om 07:30 by die KunsteGrot begin die Gr R-3 se Drama afdeling en 11:15 die Redenaars.
15 Augustus begin die Hip Hop Dans om 07:30 en die Poësie-skryf om 11:00, albei by die KunsteGrot.
19 en 20 Augustus gaan die kunsbeoordeling plaasvind van Gr R tot 7 by die Laerskool Thabazimbi se skool saal en Gr 8 tot Gr 12 by die KunsteGrot.
Kom kyk gerus en sien die talent van ons kinders.