L/S Thabazimbi Rugby uitblinkers

Willie Potgieter van LS Thabazimbi is aangewys as die man van die wedstryd teen die Griekwas met die Cravenweek die afgelope Julie vakansie.
Willie Potgieter van LS Thabazimbi is aangewys as die man van die wedstryd teen die Griekwas met die Cravenweek die afgelope Julie vakansie.

WITRIVIER – Gedurende die Julie vakansie het ons Rugbyseuns hulle harte uitsgespeel in verskillende Provinsiale weke wat aangebied is. Die Cravenweek het hierdie jaar in Witrivier plaasgevind en twee van Laerskool Thabazimbi se seuns. Willie Potgieter en Gift Fihlane. het die skool daar gaan verteenwoordig.
Die Provinsies wat deelgeneem het aan die Cravenweek was die Sharks, Limpopo Bulle, Blou Bulle, Pumas, Valke, Cheetahs, Griekwas ,Griffins, O.P. DHL Western Province, Namibië, Grens, Grens C.D., Leeus, Boland, SWD en Zimbabwe. Willie Potgieter (van LS Thabazimbi) wat die onderkaptein van die span is, is aangewys as man van die wedstryd teen Griekwas.
Morné Pistorius het gedurende die vakansie gaan deelneem aan die 0/12 Provinsiale week te Vryheid. Die volgende Provinsies het deelgeneem aan die geleentheid, die Sharks, Limpopo Bulle, Blou Bulle, Pumas, Valke, Cheetahs, Griekwas en Griffins. Morné Pistorius (LS Thabazimbi leerling) is aangewys as die man van die wedstryd teen Cheetahs. Baie geluk julle manne is baie trots op julle.