Laerskool Dwaalboom hou 70jr re-unie!!

Reunion-invitation-by-PurpleTrial.
DWAALBOOM – Laerskool Dwaalboom word vanjaar 70 en hou ‘n reünienaweek van 2-4 Oktober 2015.
Alle oud- en huidige hoofde, onderwysers en leerlinge word uitgenooi om hierdie reuse geleentheid te kom bywoon.
Kom kamp vir die naweek of kom slegs vir die groot makietie op Saterdag 3 Oktober op die skoolterrein.
Daar sal jy getrakteer word met heerlike kosstalletjies, ‘n biertuin en teetuin, pret vir die kinders, hope memorabilia, ‘n veiling van kosbare items, braaivleisvure, ‘n lekker dans, stories & foto’s uit vervloë dae, baie lag en baie gesels!
Moet dit nie misloop nie! Ons wil jou graag daar sien.
Kontak gerus vir Trudie by 082 560 1910 vir enige navrae of besprekings.