HFM 0/15 Kriekettoer uitslae

HFM se 0/15 Krieket seuns in aksie met hul toer die afgelope Julie vakansie by Sundown Ranch. (foto verskaf)
HFM se 0/15 Krieket seuns in aksie met hul toer die afgelope Julie vakansie by Sundown Ranch. (foto verskaf)

SUNDOWN RANCH – Hoërskool Frikkie Meyer se 0/15A span het die afgelope vakansie aan hul jaarlikse toer te Sundown Ranch gaan deelneem. Dit is die laaste jaar dat die toer by hierdie fasiliteite gaan plaasvind voordat dit Wilde Man kampe word wat dit sal aanbied. Frikkie Meyer speel drie wedstryde waarvan hul twee wen.
Eerste wedstryd was teen Eldoraign en Frikkie Meyer word uitgeboul vir 97 lopies. Beste kolwer was Devoux Deysel met 30 lopies. Eldoraign wen met 7 paaltjies.
Tweede wedstryd speel die Frikkies teen Jeugland van Kempton Park. Frikkie Meyer kolf eerste en teken 234 lopies aan. Beste kolwers was Garreth Meyer met 55 lopies en Dewan Deysel met 51 lopies. Jeugland word uitgeboul vir 152. Beste boulers was Diehan Pretorius met 3/22 in 6 beurte en Garreth Meyer met 3/15 in 6 beurte. Frikkies wen die wedstryd met 83 lopies.
Hul laaste wedstryd was teen Potch Gimnasium. Gimmies word uitgeboul vir 84 lopies. HFM se beste boulers was die boeties Dewan en Devoux Deysel wat saam Garreth Meyer elk 2 paaltjies neem. Garreth se presteer nog verder om 46 lopies aan te teken en Frikkie Meyer wen die wedstryd met 7 paaltjies. Hierdie span wen ook die potjiekoskompetisie wat tussen 10 spanne gehou was! Baie dankie aan elke speler, ouer en afrigter wat die toer moontlik kon maak! Ons sien baie uit na die seisoen wat volg!