Brief – Uitstekende diens van Motorhandelaar

letter
Ons was vir n week met vakansie op Thani-Zimbi wildsplaas buite Thabazimbi en het die dorp besoek op Maandag 13 Julie.
My nuwe voertuig het n waterpyp probleem opgedoen en het ek dit na Thabazimbi Ford geneem. Daar is ons met baie vriendelike en professionele diens deur Esther Snyman ontvang en gemaklik gemaak. Binne n paar minute is die fout uitgewys en moes die voertuig daar bly om herstel te word.
Ons is dadelik deur die handelaarshoof , Gert Snyman, met n dubbelkajuit bakkie na die wildsplaas geneem. Hierna is ons gereeld op datum gehou van die vordering op die voertuig want n part moes bestel word.
Teen Woensdag was die voertuig herstel en wou Esther weer reël dat ons op die plaas gehaal kan word. Die eienaars van die plaas, Andre en Marleen van Staden, het goedgunstiglik ingestem dat ons hulle voertuig kan gebruik om ons herstelde voertuig te gaan haal.
Dit is wonderlik om te dink dat daar nog sulke goeie diens en hulpvaardigheid op die platteland te bespeur is.

Josef Oosthuizen