Revue herleef weer in Frikkie Meyer . . .

HFM se DéJa Vu revue groep doen ‘n keurspel uit die fliek “Rio”.
HFM se DéJa Vu revue groep doen ‘n keurspel uit die fliek “Rio”.

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het vanjaar weer begin met ‘n Revue-groep. Die groep bestaan uit 23 seuns en 23 dogters en word afgerig deur gedugte span wat bestaan uit Elmari Wentzel (choreografie-afrigter) met Nelré Benade (sang-afrigter) en Mariaan Senekal (Revue organiseerder) asook Attel van der Merwe en Annerie Jordaan (Bestuurspan)
Die produksie staan bekend as . . . DéJà Vu – ‘n interPRETasie op ‘n nuwe frekwensie . . . waar hulle poog om met ‘n nuwe generasie se musiek en dans weer die goeie tye te herleef van vorige jare se suksesvolle Revue-groepe.
Die skool is opgewonde oor hierdie produksie omdat daar vir ‘n groot groep kinders die geleentheid gebied word om hulle liefde vir kultuur te beoefen.
Die produksie, DéJà Vu, sal op die planke wees vanaf 12 tot 14 Augustus 2015 in die HFM skoolsaal
Hou die Kwêvoël dop vir verdere inligting oor hierdie produksie.