Kansa Jail & Bail fondsinsamelingsprojek

11111

Is jy ‘n ‘super connector’ wat mense in die gemeenskap ken? Mense wat verstaan waarom ons veg soos ons veg – vir die stryd teen KANKER. Is jy bewus van iemand wat besig is om hierdie stryd alleen aan te durf? Ons wil help! Die Kansa Jail & Bail fondsinsamelingsprojek word Saterdag 25 Julie by Thaba Super Spar aangebied. Kom deel gerus in hierdie prettige manier om fondse vir Cansa in te samel.
Volgens die Nasionale Kanker Register, sterf 1 uit elke 4 persone elke jaar aan kanker in Suid Afrika en daarom is Gesondheidsbewusmaking en vroeë opsporing baie belangrik. By KANSA Waterberg bied hulle al hierdie dienste. KANSA is ‘n Artikel 21 Nie-Winsgewende organisasie en maak 100% staat op eie fondsinsamelingsprojekte om sodoende te kan voortbestaan en hierdie waardevolle dienste te kan voortsit en uit te brei in die gemeenskappe in Waterberg en landswyd.
‘JAIL & BAIL’ is een van die jaarlikse fondsinsamelingsprojekte wat KANSA Waterberg doen en vind op Saterdag, 25 Julie 2015 vanaf 10:00 tot 11:30 by Thabazimbi Super Spar plaas. U word vriendelik gevra om deel te neem aan hierdie projek en uself beskikbaar te stel om vir ‘n paar minute in die KANSA ‘bos-tronk’ te kom sit om sodoende R5,000 – R10,000 as u ‘borgtog’ om vrygelaat te word, vir KANSA in te samel.
Indien u instem, versoek ons u om Saterdag oggend om 09:30 by Thabazimbi Super Spar aan te meld waar vrywilligers u sal help om u ‘tronkklere’ aan te trek, u hande te boei, vir u ‘n ‘pledge’ vorm te gee en u te lei tot by die KANSA ‘bos-hof’, waar u kortliks ‘verhoor’ gaan word deur Regter Esmé Behrens. Daarna haal ons u boeie af, u word toegeken met ‘n sertifikaat as waardering en u word dan vrygelaat. U kan nou alreeds die geld insamel en dit op die vorm wat ons vir u sal e-pos, aandui en dit elektronies in KANSA se bankrekening inbetaal. Vriende en Familie kan saam span om die ‘BAIL’ geld in te samel.
Ons doelwit is om 10 tronkvoëls in hegtenis te neem om sodoende tussen R20,000 en R50,000 in te samel. Ons het u toewyding as deelnemer en al u vriende, kollegas en familie se ope harte en ondersteuning met hierdie projek nodig om dit ‘n sukses te maak.
Dit is ook die ideale wyse waarop u en u onderneming kan bertrokke raak in u plaaslike gemeenskap as deel van u onderneming se sosiale verantwoordelikheid. Die nodige sertifikaat kan ook aan u verskaf word vir belastingdoeleindes in hierdie verband.