80 jaar op die aarde

Peter Cross saam met sy vrou, Leona. Peter het op 6 Julie sy 80ste verjaarsdag gevier.
Peter Cross saam met sy vrou, Leona. Peter het op 6 Julie sy 80ste verjaarsdag gevier.

SENTRUM – Peter Cross van die plaas Koedoespan in die Sentrum omgewing, het op 6 Julie sy 80ste verjaarsdag saam met vriende en familie gevier.
Vriende en familie het van heinde en verre gereis om hierdie groot geleentheid saam met hom en sy gesin te geniet. Om hierdie mylpaal te vier is daar groot makietie by Siswati Game Lodge op 4 Julie gehou. Hier het almal heerlik saam gekuier terwyl Peter almal aan die lag gehad het met staaltjies uit sy jonger dae.
Al die kinders, niggies en neefs en vriende, het die volgende oggend ‘n heerlike ontbyt saam met hom en Leona, sy eggenote, op hul plaas geniet.
Peter Cross is op 6 Julie 1935 in die Paarl gebore. Hy matrikuleer aan die Seuns Hoër Jongenskool Paarl. Peter is hierna na die Landbou Kollege te Potchefstroom waar hy landbou studier het. Hy woon sedert 1956 op die plaas Koedoespan. Peter en Leona se familie het gegroei en buiten die kinders, René en Willem Meintjis, Peter-Murray en Megan Cross, Leona en Charles Erasmus, het hulle ook vyf kleinkinders ryker geword.
Peter geniet tans baie goeie gesondheid en is steeds by die boerdery betrokke.