Mickey groet ons

28-Mickey oorlede
Mickey Juul wat Solon Mickey besit het in Thabazimbi is skielik op die ouderdom van 64 oorlede op Maandag 6 Julie. Sy het 18 jaar gewoon in Thabazimbi. Sy laat haar vyf kinders agter, naamlik, Sonika Marree, Maryke Verwy, Noeline Gericke, Jaun Juul en Wayne Juul en sewe kleinkinders. Sy gaan gemis word. Haar begrafnisdiens word gehou op 14 Julie om 10:00 uit die Hervormde Kerk, Vliegepoort gemeente.