Klankgrens skenker

28-Medhof
Klankgrens sê ‘n baie warm dankie aan die anomieme skenker wat die gehoorapparate vir mnr Moses Musi geskenk het. Sy openhartigheid en vriendelikheid het verseker dat daar nie ‘n prys gekoppel kan word aan Mnr Musi se lewenskwaliteit nie. Baie dankie dat jy Klankgrens Gehoor Sentrum deel kon maak van hierdie wonderlike ondervinding en reis. In sy reaksie sê mnr Musi: “Baie dankie aan die man wat dit vir my moontlik gemaak het. Ek sal jou graag eendag wil ontmoet en vir jou ‘n stywe handdruk wil gee. Mag God jou en jou familie ryklik seen!” Op die foto is vlnr: Van links Surika Rabe, William Mphela, Moses Musi en Driansu van der Nest (Klankgrens).