Wie steel die son?

[ File # csp9751902, License # 1973128 ] Licensed through http://www.canstockphoto.com in accordance with the End User License Agreement (http://www.canstockphoto.com/legal.php) (c) Can Stock Photo Inc. / maxxyustas
[ File # csp9751902, License # 1973128 ]
Licensed through http://www.canstockphoto.com in accordance with the End User License Agreement (http://www.canstockphoto.com/legal.php)
(c) Can Stock Photo Inc. / maxxyustas

Nieteenstaande al die korrupsie-aanklagtes teen al wat ‘n ANC kader aanstelling op regerings en munisipale-vlak gemaak word, gaan die regering steeds voort met sy plannetjies hoe hy die belastingbetaler se swaarverdiende belastinggeld in sy eie sak kan prop. Hierdie word heel duidelik uit die lang beloofde afslag van die regering op die aanskaffing van son-geisers.
Volgens Sakenuus van 25 Junie 2015, wag verskaffers van sonwaterverhitters steeds op die regering se nuwe afslagprogram vir sonwaterverhitting om op dreef te kom. Die belangstelling hierin is oorweldigend, maar sedert die departement van energie die program by Eskom oorgeneem het, is daar geen inligting oor hoe die program verder gaan verloop nie.
Die swakste minister ooit uit, Tina Joemat Petterson, minister van energie, het reeds in Mei bekend gemaak dat ‘n nuwe kotrakteringsmodel by die kabinet ingedien is. En dis juis hier waar die grootste nuwe moontlikheid vir verdere korrupsie sy kop uitsteek.
Dit is reeds hoeveel keer oor en oor bewys dat die regering nie kan werk skep nie. Die werk wat hulle skep is nou-gebonde aan korrupsie om hul vriende en familie te bevoordeel en fondse vir die sogenaamde “werksepping” na hulself te kanaliseer. Die vertraging is te wyte aan haar, en haar president se geldgierigheid om te kyk hoe hulle hulself uit hierdie ‘Hulpverlening” kan bevoordeel.
Die model is eenvoudig: Die program sal deur plaaslike munisipaliteite uitgevoer word! Dit sal konsentreer op werkskepping onder die swart werklose jeug, vroue asook militêre veterane, almal met geen opleiding op enige vakgebied nie. Gaan elkeen van hulle nou teen vol betaling in ‘n klaskamer by ‘n lessenaar sit en niks doen, of gaan hulle sommer hulle stoele, soos algemeen in Thabazimbi gedoen word, buitekant toe skuif om bietjie in die son vir die hele donnerse dag te sit?
Blykbaar word ‘n omvattende opleidingsprogram beoog, waarvoor die parlement van arbeid R38 miljoen en die departement van energie R500 miljoen begroot het. Waar is die bevoegde mense om die opleiding te verskaf?
Suid-Afrika is reeds bekend daarvoor dat hy die grootste onderwysbegroting per kapita in Afrika, maar is die land op die kontinent met die swakste onderwysprestasie. Hierdie geld gaan net weereens gemors word om stelsels in plek te kry waar tenderpreneurs weer voltyds ingespan gaan word sodat daar uiteindelik niks by die “vakleerlinge” gaan uitkom nie.
Die kleinsakesektor staan reeds gereed om hierdie opleidingsfunksie te vervul en die mense indiens op te lei sodat hulle van dag een af produktief in die program betrek kan word. Dit sonder dat die regering sy eie opleidingsfasiliteite hoef te begin. Betaal die kleinsakeonderneming per werknemer wat hy oplei in die vorm van ‘n subsidie op die werker se salaris of net gewone afslag op belasbare inkomste. Moenie nog kompetisie vir die bestaande vervaardigingsnywerhede met belastinggeld skep nie. Die vervaardigingsbedryf word reeds versmoor deur die regering se hoë belastingtariewe en beprekende en streng arbeidswetgewing.
In SakeNUUS Dinsdag 30 Junie word Pavlo Phitidis, uitvoerende hoof van Aurik Business Accelerator en direkteur van Aurik Enterprise Development aangehaal waar hy ‘n beroep op groot sakeondernemings doen om klein verskaffers te bemagtig. “Groot sakeondernemings moet hulle nie van stryk laat bring deur die bollemakiesies wat die departement van handel en nywerheid maak oor eienaarskapskemas nie.”
Phitidis sê verder: ”Werkgeleenthede gaan in die klein- en middelslag-ondernemings geskep word. Daar is nie ander omgewings wat die werkgeleenthede en groei gaan genereer op die skaal wat Suid-Afrika so desperaat nodig het nie. Groot sakeondernemings wat met kleiner ondernemings saamwerk, is al wat die ekonomie kan laat groei in die huidige ekonomiese omgewing waar Suid-Afrika se groeikoers die laagste tot nou toe is.”
Maar nee, Tannie Joemat, met haar getuite lippe, en haar Koning Zuma, werk nog aan die saak oor hoe hulle hierdie geld na hulself, om nie te vergeet van hul kadermaatjies op plaaslike regeringsvlak nie, te kan terugvoer sonder om net vir die pap-en-sous te betaal vir al die potensiële vakmense, wat nog opgelei moet word om die werk te doen, terwyl hulle wag om opgelei te word. Of dit enigsins die regering gaan geld spaar is sterk te betwyfel.
Al wat seker is, is die feit dat die belastingbetalers net verder gemelk gaan word om te bewys dat die regering, selfs op plaaslike vlak, werk kan skep. Die vraag is: wat gaan hierdie werkskepping die gewone belastingbetaler kos?
Intussen is daar geen aansporing vir die installasie van sonkrag-geisers by privaatwonings nie. Al word dit net gebruik om Eskom se onbevoegdheid te verdoesel.

Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël

I would have written this comment in English but due to the poor standard of education of the majority of scholars (students – whatever they want to be called) who started their schooling after 1994, would not have a clue what this is all about – “Poor Education and no skills.” – Editor