WES steek ‘n helpende hand uit

27-WES 1
THABAZIMBI – Gedurende Jeugdag vieringe van 16 Junie 2015, is 10 sakke BOSKOS aan die Donkie Bewusmakingsprojek geskenk. Die dag se viering is deur die Nasionale Diere Beskermingsvereniging (DBV) gereël om ‘n bewusmaking aan te wakker dat donkies van onskatbare belang is.
Volgens Me Morgane James, Bestuurder van die DBV se Opleidingsentrum was die skenking van BOSKOS ‘n hoogtepunt vir die deelnemers. Donkie eienaars word aangemoedig om hul diere aanvullende voeding te gee, veral in die wintermaande.