Mimiekmeester besoek KunsteGrot

Rivo Toneelgroep (volwasse) het ook ‘n werksessie met John gehad.
Rivo Toneelgroep (volwasse) het ook ‘n werksessie met John gehad.

THABAZIMBI – Die befaamde Suid-Afrikaanse mimiekmeester, John Jacobs, het verlede Vrydagaand vir ‘n puik vertoning by die KunsteGrot gesorg. Vir baie van die teatergangers was dit hul eerste ondervinding by ‘n vertoning van dié aard en wat ‘n belewenis was dit nie.
Mimiek beteken die uitbeelding van ‘n verhaal sonder om woorde of musiek te gebruik. Johan het die gawe om die mimiek lewe te gee, anders as die persepsie wat mens van TV het oor mimiek dat mimiek bestaan alleenlik uit ‘n persoon waarvan die gesig wit gesmeer is en ‘n statiese houding inneem.
Enige balletliefhebber sal sien dat mimiek ook een van die oudste dansvorms van die teaterkunste is, waar die storie vertel word sonder om te praat of ‘n geluid te maak.
Sy vertoning het begin met hom op die verhoog wat duidelik in ‘n al nouer wordende glaskas opgesluit is. Die hele vertoning het nie slegs uit ernstige gedeeltes bestaan nie maar het ingesluit humor en weemoed. Net soos in ballet, het John voor elke toneel ‘n kort beskrywing gegee waaroor die spesifieke toneel handel.
Sy besoek aan Thabazimbi het reeds Woensdag 24 Junie begin met ‘n besoek van die ouer mense van Bosveld Oord. Die gehoor het dit sommer baie geniet want hulle het nog nooit so-iets ervaar nie.. Dit is die middag opgevolg met ‘n werkswinkel met die RiVo Toneelgroep wat volgens hul afrigter, Rita Volschenk, ‘n treffer was. Hy word nie verniet ‘n “meester” genoem nie, hy is dit.
Sy program: Woensdag 24 Junie, 10:00 Vertoning by Bosveldoord.
Donderdag 25 Junie is opgevolg met vertonings by Thabazimbi Christian School en Kambaku Private School. Die middag is opgevolg met werkswinkels met die verskillende Grade RiVo Drama studente.
Vrydag 26 Junie het hy ‘n vertoning by Laerskool Thabazimbi wat om 12:30 opgevolg is met ‘n optrede by Thaba Mall en die aand se vertoning by die KunsteGrot
Saterdag 27 Junie het hy ook nog individuele klasse vir Hoërskool Dramastudente aangebied. Juffrou Rita sê dat die kinders deur die werkswinkels en vertonings ongelooflik baie geleer het in die kort tydjie.