Kwêla Dorp van die Jaar kan nuwe lewe bring

Kwela 2011 title card
THABAZIMBI – Met die onsekerhede aangaande mynbedrywighede in en om Thabazimbi, is dit duidelik dat Thabazimbi nie meer op die myne alleen se steun vir die dorp se voortbestaan kan staatmaak nie. Alternatiewe weë en moontlikhede moet ontgin word.
Hiervan is Toerisme en eco-toerisme die belangrikste. Ons dorp is ongelooflik mooi, met baie mooi natuurskoon en unieke toerisme geleenthede. Daar is baie lodges, die berge wat ons omring, die Marakeli Nasionale Park, die Marakele Predator Centre en nog vele meer. Vakansie oorde, ‘n mooi gholfbaan. Meer as genoeg vir ‘n toeris om te kan doen. Die nuutste aantrekkingskrag vir nie net toeriste nie, maar ook vir die plaaslike inwoners is die Cultural Village wat goed op dreef is.
Thabazimbi se waterprobleme, sanitasie, korrupsie, ens is nie uniek net aan ons dorp nie. Alle dorpe regoor die land ervaar presies dieselfde probleme.
Kwêla se Dorp van die Jaar kompetisie finaal lê voor die deur. Thabazimbi is die Limpopo finalis. Die Dorp van die Jaar kompetisie gaan ‘n inspuiting wees vir ons ekonomie, dit gaan ons terugsit op die kaart en ons vestig as ‘n dorp om definitief te besoek.
Hierdie is ‘n geleentheid vir ons om uit te styg bo al hierdie probleme en negatiwiteit. Dit gaan ons hande laat vat om seker te maak dat ons toeriste terugbring na Thabazimbi. Dit is voete wat al ons besighede, lodges, nywerhede baie dringend nodig het.
Volgens Riana Bekker van die Thabazimbi Sakekamer is gaan die Sakekamer ook die Besigheids Bierfees in Oktober aanbied asook poog om die Wildsfees weer in sy volle glorie te herstel.
‘n Beroep is reeds by die skole gedoen om tussen 15 – 19 Julie 2015 per sms te stem vir Thabazimbi as dorp van die Jaar. Die naam Thabazimbi kan per sms na 33157 gestuur word. Daar is ook groot pryse wat aan die Dorp van die Jaar wenner oorhandig gaan word. Hierdie pryse gaan beslis nie aan die munisipale bestuur oorhandig word nie.