Ter aarde bestelling Dr Louis van Deventer

26-Dr Louis van Deventer oorlede
Dis met gemengde gevoelens dat ons afskeid neem van Dr Louis van Deventer. Groot hartseer vir almal wat hom geken en lief gehad het maar gerus is in die wete dat hy nou by sy Vader is. Hy was n sagmoedige reus wat sy God baie lief gehad het. Hy het n groot indruk gemaak op almal met wie hy te doen gehad het, hy het alles tot die beste van sy vermoë gedoen, en was net so lief vir die mense van die wild waarmee hy gewerk het, as vir die diere self. Hy het tot ruste gekom op 18 Junie 2015 na 4 weke in die ICU Pretoria Oos Hospitaal. Geen diagnose kon gemaak word nie, alhoewel die Universiteit steeds opsoek is na antwoorde. Die hele mediese span het alles menslik moontlik gedoen. Hy laat sy vrou en twee seuns agter. Sy familie vertrou die Here om n waardige Veearts se stuur om Bethanie Dierekliniek te laat voortleef. Dr Louis sal gemis word deur sy gemeenskap, werkers, kliënte, vriende en veral sy familie en gesin. Sy ter aarde bestelling is Vrydag 26 Junie 2015 om 11:00. NG Kerk Dwaalboom.