Sonja Jansen Van Vuuren Groet Thabazimbi

26-Sonja JRE

Die tyd het gekom vir Sonja en haar gade Gerhard om Thabazimbi te groet. Hul verhuis met pensioen na KwaZulu Natal Suidkus. “Graag wil ek net aan al my getroue kliënte en vriende net baie dankie se vir hul getroue ondersteuning en vertroue in my. Dit was heerlik om saam met julle te werk. Ek verlaat Jana Reinecke Eiendomme en verhuis na die Suidkus waar ek daar weer sal voortgaan met Eiendomme. Indien enige iemand my dienste benodig in die toekoms aangaande eiendomme daar, voel vry om my te kontak.“