SAVF Thabazimbi se broodbinders-vir-‘n-rystoel-projek

Op die foto wys Pieter van der Merwe (vrywilliger) en Migael Smit (agter) en Janita Barnard en Lieselotte Smit (voor) die brood binders wat kollekteer moet word.
Op die foto wys Pieter van der Merwe (vrywilliger) en Migael Smit (agter) en Janita Barnard en Lieselotte Smit (voor) die brood binders wat kollekteer moet word.

THABAZIMBI – SAVF Thabazimbi herinner graag almal aan hulle broodbinder-projek en versoek dat almal steeds hulle broodbinders bymekaarmaak om ‘n verskil te maak aan iemand anders se lewe.
“Daar is reeds twee 20 liter emmers vol broodbinders ontvang oor agt maande se tydperk. Dis wonderlik, maar ons het nog ‘n ver pad om te gaan,” sê Linda Grobler, die senior maatskaplike werker en kantoorhoof van die plaaslike SAVF kantoor.
Sy bedank ook almal vir hulle mildelike bydraes tot dusver en vra dat almal volhou daarmee tot die doelwit bereik is. Daar moet 247.5kg se brood binders gekollekteer word vir een basiese rystoel ter waarde van R1 485. Dit is R6 per een kilogram binders.