LIMPOPO SEMI-FINALE van mediumskole

HFM se Tweede hokkiespan.
HFM se Tweede hokkiespan.

PIET POTGIETER – Drie hokkiespanne van HFM het Saterdag, 20 Junie aan die Limpopo semi –finale gaan deelneem.
O/16A speel teen Ben Viljoen en na ‘n harde wedstryd verloor hulle ongelukkig 0 – 2, maar die telling is nie ‘n weergawe van die wedstryd nie. Die dogters het hul alles gegee en kon ongelukkig net nie die bal in die kas kry nie.
Die tweede span speel teen Merensky en ook in ‘n harde wedstryd en goeie hokkie kry hul die bal in die doelhok en wen die wedstryd 1-0 en dring deur na die finale op 1 Augustus in Pietersburg en hulle gaan te staan kom teen Ben Viljoen. Baie geluk aan die tweede span.
Die O/14A speel teen Stanford Lake College. Dit was ‘n baie harde wedstryd wat enige kant toe kon gaan, ons kry die eerste doel, en toe kry hul ‘n doel en toe is dit gelyk. Toe begin die bal reg hop vir ons en ons teken nog 2 doele aan en wen die wedstryd 3-1. Baie geluk julle het baie hard gespeel om die wedstryd te wen. Hulle ring ook deur na die finale in Pietersburg en gaan teen Piet Potgieter speel. Die 0/14 Span kwalifiseer ook om aan die Noordvaal –toernooi deel te neem in Krugersdorp van die 13 – 15 Augustus. Sterkte vir jul voorbereiding