Groente skenking aan SAVF Thabazimbi

Op die foto vlnr is Christelle Barnard, die administratiewe beampte van die kantoor en die koördineerder van die projek saam met Linda Grobler, die kantoorhoof en senior maatskaplike werker van die kantoor met Janita Barnard in die middel.

THABAZIMBI – SAVF bedank graag Letlaphula in Koedoeskop vir hulle mildelike skenkings van groente aan die SAVF Thabazimbi in verlede week. Verskeie instansies en persone het baat gevind daarby en was te dankbaar vir hierdie donasie.
Ongeveer 800 koolkoppe, 300 blomkoolkoppe, 50 brokkoliekoppe, 30 bossies wortels, 50 groenpepers, 20 uie, 50 bossies sprietuie is versprei asook ‘n 100 bossies pietersielie, 150 bossies spinasie, 50 bossies beet en 120 slaaikoppe is versprei. Grobler spreek haar dank uit teenoor al die vrywilligers en privaat persone wat hul tyd en geld afgestaan het om die groente te gaan pluk en verwerk sodat ander daarby kan baat vind.
Christelle Barnard sê: ” As dit nie was vir al hierdie goeie mense nie, dan sou ons dit nooit reggekry het nie. Dit word opreg waardeer en dis wonderlik om sulke mense te ken en saam met hulle te werk.”
Grobler is van mening dat elke seer rug en stywe bene die moeite werd was op die ou end as mens kyk na die verskil wat dit maak. Sy bedank ook Christelle vir haar harde werk en inisiatief in hierdie hoedanigheid.