The Gunmen vir Wapenbevoegdheid

Promosie artikel

Burkie Murray en Nicole Maree, wat in beheer is van The Gunmen, tydens die eerste skyfskietdag vir juniors wat Dinsdag op Thabazimbi aangebied is.
Burkie Murray en Nicole Maree, wat in beheer is van The Gunmen, tydens die eerste skyfskietdag vir juniors wat Dinsdag op Thabazimbi aangebied is.

THABAZIMBI – Die Skyfskietdag wat Dinsdag vir die jong mense as deel van Jeugdag op Thabazimbi aangebied is, het dit benadruk hoe gevaarlik ‘n vuurwapen kan wees as dit deur ‘n onbevoegde en onervare persoon hanteer word.
Burkie Murray van Thabazimbi, geakkrediteurde instrukteur in vuurwapen opleiding asook geakkrediteerde Assesor in Vuurwapen Bevoegdheid en eienaar van The Gunmen, het in samewerking met die SAJWV (Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewarings Vereniging) die dag gereël. Burkie dien dan ook op die SAJWV se komitee in die portefeulje as jeugopleier.
Sy regterhand is Nicole Maree wat ten volle geakrediteerd is as Administrateur en Assesor in Vuurwapen Bevoegdheid asook Moderator in Vuurwapen Bevoegdheid.
Burkie bedryf sy besigheid slegs op afspraak, vanaf die Koos Cronje Skietbaan by Thabazimbi.
The Gunmen is ten volle geakrediteerd by SAPFTC (Accreditation Number: T1309002 – South African Professional Firearm Trainers Council – SAPS Accreditation Number: 4000845)
The Gunman voorsien vuurwapenopleiding en die verlangde bevoegdheids-kursusse vir mense wat hul vuurwapen wil lisensieer en hul bevoegdheidsertifikate daarvoor te verkry.
Daarby voorsien hulle ook ‘n diens met die motiverings vir vuurwapen lisensieering en hulp met die invul van die nodige gepaartgaande dokumente.
As vuurwapen-, jag- en sportskiet entosiaste was The Gunmen vir Burkie en Nicole ‘n maklike roete om hul liefde ook in te-skakel as werk.
The Gunmen het op 10 Mei 2014 in bedryf getree en die gladde verloop van Dinsdag se Skyfskietdag, kan beslis toegeskryf word aan deeglike beplanning en ‘n toegewyde groep mense wat hul hulp aanbied om hierdie sportsoort onder die jong mense te bevorder om eendag as volwassene sal besef wat die verantwoordelikheid behels om ‘n vuurwapeneienaar te wees en te hanteer.
Vir meer inligting betreffende wapenopleiding vuurwapenbevoegdheid skakel gerus The Gunman en gesels met Nicole by 082 751 2302.