TAR

6x3 Charity Shop Black and white
TAR (Thabazimbi Animal Rescue) se Charity Shop sal weer vanaf Maandag 22 Junie oop wees vir besigheid. Daarna sal dit elke Maandag, Woensdag en Donderdag, 16:00 tot 17:30, oop wees. Enige skenkings wat u kan maak is welkom. Navraag kan gedoen word deur 0764785057 of 0632348656 te skakel. Mnr Bertie van der Merwe en personeel word bedank vir die groot skenking met die opgradering van die TAR Charity Shop asook mnr Gideon Ellis vir die kragopwekker wat hy herstel het. Hulle kan gekontak word by 0764256543 (Bertie) of 0604740289 (Gideon). Van die helpers en borge is op die foto vlnr agter: Moleen, Bertie en Elias. Voor: Soleen en Daniël. Ongelukkig was Gideon nie beskikbaar vir die foto nie.