Northam Helpende Hand aan die werk

Annatjie Dryer, Gladys Mkhwanazi, Isobel Cahill, Rene Laas, Erenst Mokati en Kgomotso Seemise by die welsyn kantoor in Northam waar hulle gehelp het om die fasiliteite op te kikker met nuwe beddegoed.
Annatjie Dryer, Gladys Mkhwanazi, Isobel Cahill, Rene Laas, Erenst Mokati en Kgomotso Seemise by die welsyn kantoor in Northam waar hulle gehelp het om die fasiliteite op te kikker met nuwe beddegoed.

NORTHAM – Helpende Hand Northam-tak het op Woensdag 27 Mei, ‘n draai by Laerskool Platina gaan maak om ‘n skenking in ontvangs te neem.
Die kinders en ouers van Platina het vir hulle blikkieskos, toiletware, klere en speelgoed ingesamel wat hulle nou weer in die gemeenskap kan versprei. Helpende Hand Northam-tak wil net baie dankie se aan die kinders, ouers en onderwysers van Laerskool Platina vir hulle bereidwilligheid om ‘n verkil te maak in ons gemeenskap.
Op Donderdag 4 Junie, het hulle die welsyn op Northam besoek. Die oggend het vele verrassings opgelewer toe daar onverwags ‘n groot skenking van splinternuwe beddegoed en nog kos ingekom het.
By die welsynskantoor kon die dames die kamer waar vrouens en kinders gehuisves word in tye van nood, die beddens vrolik opmaak en die badkamer bietjie verfraai. Die kosvoorraad kon ook aangevul word.
Helpende Hand Northam-tak wil net baie dankie se aan elke persoon wat hulle hart oopmaak om ‘n verskil te maak.