Mimiekmeester besoek Thabazimbi

Johan en Marcel in aksie.
Johan en Marcel in aksie.

THABAZIMBI – Die mimiekmeester John Jacobs vereer Thabazimbi met ‘n drie dag besoek vanaf 24 Junie tot 26 Junie. John Jacobs is Suid-Afrika se enigste mimiek kunstenaar. Hy het etlike jare in Frankryk onder die wêreldberoemde Marcel Marceau studeer. Dis die einste Marcel Marceau wat vir Micheal Jackson die beroemde ‘moonwalk’ geleer het.
Op 24 Junie om 10:00 is hy by Bosveld-oord om ons seniors bietjie te laat glimlag en dieselfde dag, om 18:00, bied hy ‘n werkswinkel aan vir die RiVo-toneelgroep by die Super KusteGrot aan.
Donderdag 25 Junie besoek hy Thabazimbi Christian School en daarna Kambaku Privaat skool. Dieselfde middag bied hy drie werkswinkels aan vir die RiVo-drama studente.
Vrydag 26 Junie is daar twee vertonings. Die oggend vir Laerskool Thabazimbi en Vrydagaand kry die volwassenes en hoërskoolleerders die geleentheid om hom in aksie op die verhoog te sien.
John het die vermoë on studente te motiveer, en hulle blink uit by die ATKV en verskeie Eisteddfods. Yvette Abrahams (‘Sewende Laan’ se Charmain) en Sandra Prinsloo praat met lof van sy vertonings. John het vir twintig jaar in Frankryk gewoon en het die wêreld al plat getoer. Sy werk is uniek en vars. Dit praat met gehore van alle ouderdomme en kulture.
Hy neem ons weg van die stereotipes mimiek kunstenaar met ‘n wit gesig wat mense pla in winkels, en neem ons na n ander dimensie van Teater .
Deur sy unieke vertolking spreek John verskeie stekelrige onderwerpe aan. Terwyl die gehoor vermaak word, word hulle gekonfronteer met die gevolge van Boelies in skole, dwelm misbruik en bevraagteken hy ongemotiveerde studente en bring hulle tot n kragtige bewuswording van hul besluite en die gevolge daarvan. Die trefkrag van hierdie konfrontasie word n spieël wat hy as’t ware ophou waarin die gehoor hulself kan sien en verander. Die ‘Krag van Stilte’ slaan hard – sonder om een word te sê.
Dis ‘n eenmalige geleentheid, bespreek sommer nou teen R100 vir volwassenis en R50 vir hoërskool leerlinge.
Alle navrae en besprekings by Rita 083 7448559 / rivo@kunstegrot.co.za