LS TBZ Bybelvasvrae

Die groep wat eerste in die Provinsie geëindig het en ook negende in die land is staan op die foto as volg: Kgotatso, Onkametse, Pako en Rego.
Die groep wat eerste in die Provinsie geëindig het en ook negende in die land is staan op die foto as volg: Kgotatso, Onkametse, Pako en Rego.

Die groep wat tweede in die Provinsie geëindig het  staan vlnr agter:  Elsje en Jannicka. voor:  Michelle en Sunél.
Die groep wat tweede in die Provinsie geëindig het staan vlnr agter: Elsje en Jannicka. voor: Michelle en Sunél.

THABAZIMBI – Die bybelvasvrae leerlinge het op 15 Mei aan die eerste rondte van die
Rapportryers Bybelvasvra deelgeneem. Laerskool Thabazimbi het hierdie jaar drie Afrikaanse
spanne en twee Engelse spanne ingeskryf waar hulle moes Eksodus 1 – 18 leer vir
die eerste rondte. Die spanne bestaan uit groepe van vier elk en hulle moet
verskillende tipe vrae teen tyd beantwoord.
Die vraestelle word in die Kaap gemerk en Laerskool Thabazimbi het die afgelope Woensdag die uitslae ontvang.
Hulle is baie trots op elke deelnemer, maar besonder trots op twee van hulle spanne wat onderskeidelik eerste en tweede in die Provinsie gekom het. Baie dankie aan die afrigters wat so baie tyd aan dit afstaan.