HFM rugby vaar goed in ligawedstryde

HFM se eerstespan spelers wat besig is om hard te skrum.
HFM se eerstespan spelers wat besig is om hard te skrum.

THABAZIMBI – HFM het hul ligawedstryde gespeel op 6 Junie 2015 teen Tom Naudé tegnies plaaslik gespeel. Die junior spanne het totaal oorheers, maar het steeds goeie, gestruktureerde rugby gespeel.
Die o/14 A-span wen gemaklik met 76 – 0 en die o/15 A-span 68 – 0. Die o/16’s het aanvanklik gesukkel om die verdedigingslyn te breek, maar het uiteindelik gemaklik gewen met 34 – 12. Die tweedes het die wedstryd gewen, nadat hul daarin slaag om die verdediging op die punte te klop. Die eindtelling was 34 – 7. Die eerstes het na die blitzkrieg in die eerste paar minute ‘n puntedroogte in die res van die eerste helfte ervaar. Die tweede helfte begin ook baie goed en dié keer slaag ons daarin om die momentum te behou en bou hul op die voorsprong om die wedstryd met 46 – 0 te wen.
Oor ‘n week, Saterdag 20 Junie, bied Hoërskool Frikkie Meyer die Limpopo Provinsie groot skole finaal vir B-spanne en die semifinaal vir A-spanne hier tuis aan. Die skole wat hier in aksie gaan wees is Frikkie Meyer, Ben Vorster, PHS en Tom Naudé. Dit beloof om ‘n groot dag met opwindende rugby te wees en HFM nooi graag die gemeenskap van Thabazimbi uit om die spanne te ondersteun en deel te wees van hierdie dag. By voorbaat dank aan Northam Toyota wat as hoofborg vir die dag optree en ook Case Thabazimbi vir die betrokkenheid as trotse borg van Hoërskool Frikkie Meyer.
Al Frikkie Meyer se spanne is ligawenners en sal dus op die dag in aksie wees. Ons eerstes draf uit teen Ben Vorster in die semi-finaal, wat ook die hoofwedstryd vir die dag sal wees. Wedstryde skop reeds om 08:00 af; vir die volledige program, besoek gerus ons bakkiesblad en webtuiste.