DA Raadslid ontvang nog ‘n graad

Op die foto vlnr staan die Joubert gesin met Lambert, Maretha, Bertie en Ruduan Joubert voor die Regsgebou van die NWU te Potchefstroom.
Op die foto vlnr staan die Joubert gesin met Lambert, Maretha, Bertie en Ruduan Joubert voor die Regsgebou van die NWU te Potchefstroom.

THABAZIMBI – Die DA Thabazimbi wens Bertie Joubert geluk met die gradeplegtigheid die 21 Mei 2015 waar hy die Graad: “Doctor of Philosophy” in “Development and Management” ontvang het. Ten einde hierdie besondere myl paal te behaal het Bertie die grade :- BA regte in 1991, Honneursgraad in Politieke Wetenskap in 1994, Meestersgraad in Ontwikkeling en Bestuur 2008 by die Noord-Wes Universiteit verwerf, verder het hy ‘n diploma in Munisipale Reg in terme van die Instituut van Stadsklerke (3 jaar) in samewerking met RAU (nou JU) voltooi in 1993. Hy is ook ‘n gekwalifiseerde afslaer. Hy het 15 jaar in senior bestuur posisies in plaaslike bestuur gedien in Potchefstroom en Thabazimbi en is die laaste 11 jaar betrokke in eiendomme. As DA raadslid vanaf 2011 is Bertie se grootste wens dat Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit ooreenkomstig die voorgeskrewe wetgewing kan funksioneer en dat korrupsie totaal en al uitgewis kan word.