Uitstekende seisoen vir HFM Netbal

Me. Francis Coetzee en haar o/15 B span wat eerste geëindig het in die Waterberg liga.
Me. Francis Coetzee en haar o/15 B span wat eerste geëindig het in die Waterberg liga.

THABAZIMBI – Frikkies Netbal het ‘n baie suksesvolle 2015 seisoen agter die rug. Die kompetisie in die liga-wedstryde het hierdie jaar baie meer van elke span vereis omdat ons teen al die Waterberg skole moes speel om te kon kwalifiseer vir die finaal van die Provinsiale liga-wedstryde.
Dit was egter geen probleem vir Frikkies Netbal nie en ons het dwarsdeur die liga-seisoen baie goed gevaar.
Die B-span liga het Saterdag 30 Mei geëindig met die volgende finale uitslae:
o/14 B eindig derde (wen 3 uit 5) Afrigter – Me. Adeleen Buys
o/15 B eindig eerste (wen 5 uit 5) Afrigter – Me. Francis Coetzee
o/16 B eindig tweede (wen 2 uit 3) Afrigter – Me Lisa Jacobs
2de span eindig eerste (wen 5 uit 5) Afrigter – Me. Juanita Erasmus
Die A-spanne gaan deelneem aan die PROVINSIALE FINALE liga-wedstryde op 6 Junie in Polokwane nadat die volgende uitslae in die Waterberg Distrik behaal is:
o/14 A eindig eerste (wen 6 uit 6) Afrigter Me. Berna Kriel en Jani Bester
o/15 A eindig vierde (wen 1 uit 5) Afrigter Me. Christine Reyneke
o/16 A eindig eerste (wen 7 uit 7) Afrigter Me. Mariaan Senekal
o/17 A eindig eerste (wen 3 uit 3) Afrigter Me. Elmien Fouché
1ste span eindig eerste (wen 6 uit 6) Afrigter Me. Martie Boshoff
Die o/14 A, o/16 A, o/1A en die 1ste span spanne gaan aan die Provinsiale finale liga-wedstryde deelneem.