TAR – Wenslysie

TAR klein

THABAZIMBI – TAR (Thabazimbi Animal Rescue) het ‘n wenslysie wat hulle nodig het vir die diere wat hulle versorg en ook om die “TAR Charity Shop” se voorraad op te bou om te verkoop en sodoende die diere ook te help.
Indien enige iemand met die volgende items kan help sal dit baie waardeer word:
‘n Yskas, klere hangers (Plastiek of draad), skoonmaak middels (opwasmiddel, waspoeier, ammoniak), honde leibande, enige komberse, lakens, handdoeke, plastiese inkopie sake, ou koerante en tydskrifte, enige ou bake en emmers.
Enige ou klere, gordyne, beddegoed, elektriese ware, kinderspeelgoed, ou boeke, ornamente, gereedskap, kombuisware vir hulle “Charity shop” in die parkeerterrein agter Spar.