Ma’s en dogters van die VLR (HFM)

23-HFM ma 1
Die ma’s en dogters van die VLR (Verteenwoordigende Leerlingraad) en SR (Seniorraad) het op 22 Mei weereens hul mooiste koppies en ouma se silwerware uitgehaal en ‘n skitterende kuieraand aangebied. Die dames het keurige tafels gedek en kon lekker saamkuier met hul vriendinne, dogters, oumas en susters!
Mari van Jaarsveld het ons almal betower met haar pragtige sang en het weereens bewys dat ons baie talent hier in die Bosveld het. Daarna is ‘n baie interessante demonstrasie, gelei deur Abrie Coetzee, aangebied oor die dek van tafels in elke kleur en geur. Hy het baie klem gelê op die gebruik van onkonvensionele voorwerpe om jou volgende aansit ete meer interessant te maak. Die tafels is versier met enigiets van ‘n ou handsak en mannekyn, tot ‘n paar tuinhase en koolkoppe!
Die skool sê dankie aan elke dame wat opgetree het as gasvrou en wat baie moeite gedoen het met die dek van hul tafels en verkoop van kaartjies.