Hengelklub maandelikse kompetisie
THABAZIMBI – Die Thabazimbi Hengelklub het die afgelope naweek hulle maandelikse kompetisie by Willie Roux se dam gehengel. Die vis was maar traag om die aas op te tel en het die hengelaars sodoende gesukkel. Die kompetisie was slegs ‘n dag kompetisie gewees en het gestrek oor 8 ure vanaf 07:00 tot 15:00 Sondag. Wenners is bepaal deur die meeste punte behaal per hengelaar.
Die wenners in die meesters afdeling is, Jan Bender en tweede Oom Nick. In die seniors afdeling het Tommy Swanepoel gewen met Charles Blom en Piet Bezuidenhout op sy hakke. Dames het Bernice Blom eerste geëindig en Sally Lourens tweede. In die Junior afdeling was Martin Scheepers eerste, PJ Bezuidenhout tweede en Deon Bender derde.
Die dogters het ook deelgeneem en daar het Jayden Blom gewen en in die Penkoppe afdeling het Tommy Swanepoel eerste geëindig, MJ Kloppers tweede en Thiaan Swanepoel derde.