Ellisras VLU hou smullekker sjokolade dag

Nicola Greyling besig met haar wonderlike skeppings by die Tzaneen VLU tak se 'Sjokolade en tee" oggend. (Foto's met vergunning van Tzaneen VLU tak.)
Nicola Greyling besig met haar wonderlike skeppings by die Tzaneen VLU tak se ‘Sjokolade en tee” oggend. (Foto’s met vergunning van Tzaneen VLU tak.)

Dis met groot opgewondenheid dat Ellisras VLU alle glanskokke en huiskokke nooi na hul Sjokolade-Demonstrasiedag op 16 Julie 2015. Die dag se demonstrasies word gehou deur Nicola Greyling, een van net ses professionele sjokolateurs in Suid Afrika.
Nicola het 30 jaar ondervinding met sjokolade. Sy was werksaam in 13 oorsese lande waar sy geleer het en is nou reeds 4 jaar terug in Suid-Afrika waar sy die land deurkruis om haar kennis met almal te deel. Wil jy jou tuisgebak, tuisnywerheid bestellings of bazaarkoeke daai ekstra blinkbruin baadjie gee? Moet dan nie hierdie dag misloop nie.
Die voldag program, wat middagete insluit, gaan om 8:30 begin en aanhou to 17:00. Die dag gaan tjok(lit)-vol te wees van alles wat jy wil weet oor sjokolade en vrae kan gevra word na afloop van die demonstrasies. Nicola gaan ons onder andere wys hoe om sjokolade te temper en smelt, sjoklade te kleur en strikke te maak, hoe om ‘n rolkoeke met sjokolade oor te trek en sjifonkoeke met die “cling wrap” metode, hoe om ‘n koek ‘n metaal voorkoms te gee, om “bubble wrap” en ander krae om koeke te sit, om “crumb coating” met botterversiersel te maak en koeke met “Wonder Topping” te vul, sy gaan ook demonstreer hoe om nagereg boksies, blomme, blare en patrone met ‘n spatula en versierbuis te vorm en nog vele meer.
Al Nicola se demo koeke sal na afloop van die dag gewen word deur middel van ‘n gelukkige trekking. Dink net hoe lekker dit sal wees om so spogkoek huis toe te neem. (Of jy kan hom self opeet… wie sal weet…) ‘n Studiegids met al haar uithaler resepte is in een boek saamgevat en word vir die eerste keer aan die publiek gebied teen R50 per eksemplaar. Wat ‘n minimale bedrag vir 30 Jaar se kennis in een boek.
Die werkswinkel sal aangebied word by die Mogol funksiesaal en beloop R200 per persoon. Beperkte kaartjies word gedruk en belangstellendes word aangemoedig om spoedig besprekings te maak om teleurstelling te voorkom.
Vir meer inligting kontak Ria Strydom by 084 5200120.