Op 80 doen Tannie Hannetjie steeds haar deel

Annetjie Dryer oorhandig Tannie Hannetjie du Plessis se geskenkpakkie.
Annetjie Dryer oorhandig Tannie Hannetjie du Plessis se geskenkpakkie.

NORTHAM – Een van Northam VLU se oudste lede het op 24 Mei haar 80ste verjaarsdag saam met die ander lede van Northam VLU gevier.
Tannie Hannetjie is reeds ‘n legende in die plaaslike VLU takke en het reeds haar 30-jaar knopie as lid van hierdie organisasie ontvang. Daarby is sy ‘n lopende biblioteek met haar kennis oor die bosveld waar sy groot geword het.
Met Rustenburg se Jubeliem VLU se tak die naaste aan haar en haar man se plaas op Koedoeskop waar hulle geboer het, het sy gedurende September 1980 by dié tak aangesluit. Dieselfde jaar, in Desember, is haar man oorlede. As lid van die VLU het sy reeds heelwat vriende gemaak. Dit was juis hierdie vriende wat haar deur hierdie swaar tyd geneem en ondersteun het. In die jare wat sy lief was van die Jubeliem VLU het sy selfs tot voorsitter van die tak gevorder.
Tannie Hannetjie het op die plaas aangebly tot 1991. Sy en haar ma, wat by haar gebly het, het toe by haar suster en swear, Nellie en Jan Ahlers op Northam ingetrek, waar sy by die Northam VLU tak betrokke geraak het.
Retha van Zyl, die destydse voorsitter van die Northam tak, en op aandrang van haar het tannie Hannetjie kursusse bygewoon in beoordeling van lekkers en gebak. Sy verwerf haar diploma hierin in 1999.
Hier het dit nie opgebou nie, en buiten as beoordelaar het sy ‘n meester op hierdie gebied geword en met talle pryse tydens kongresse weggestap.
Soos sake maar verloop het die belangstelling in die VLU in Northam begin taan en het sy by die Swartklip VLU tak aangesluit en steeds artikels van formaat gelewer.
Die VLU tak is uiteindelik weer onder Northam se vaandel herenig met lede in Northam, Swartklip en Amandelbult. Vetkoek met maalvleis het gedurende hierdie tyd ‘n welkom bydrae tot die VLU tak se skatkis gemaak en steeds is kompetisie artikels vir die kongresse ingeskryf en het die pryse bly instroom.
Tannie Hannetjie sê daar is nie ‘n manier dat sy gaan uittree nie en het die dames van Northam VLU verseker dat hulle steeds met haar opgeskeep gaan sit, solank haar gesondheid hou.
Northam VLU gaan nie in Junie maand hul gereelde vergadering hê nie, as gevolg van skool vakansie. Hulle vergader wel op 23 Junie en spreek die hoop uit om belangstellendes en lede daar te sien.
Skakel gerus hul skakelbeampte, René Laas by 0734299411 om te deel aan al die interessanthede wat die VLU kan bied.