Omgewingsake besoek Thaba

Op die foto vlnr: DA Raadslid Bertie Joubert, Mnr Tau Moroaswi (LEDET) en DA Raadslid Franco Loots tydens die amptenare van die Provinsiale Departement Omgewingsake se besoek aan Thabazimbi
Op die foto vlnr: DA Raadslid Bertie Joubert, Mnr Tau Moroaswi (LEDET) en DA Raadslid Franco Loots tydens die amptenare van die Provinsiale Departement Omgewingsake se besoek aan Thabazimbi

THABAZIMBI – Na aanleiding van die kriminele saak wat die DA weke terug teen sekere amptenare en posisies van die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit by die SAP gemaak het, het van die Provinsiale Departement Omgewingsake (LEDET) raadslede Bertie Joubert en Franco Loots op Vrydag 8 Mei 2015 in Thabazimbi ontmoet.
Die klagtes het verband gehou met die onaanvaarbare standaard van dienslewering, die rioolsuiweringswerke (wat 95% buite werking is), die riool wat in die Rooikuilspruit stroom en die riool wat deur Regorogile vloei.
Al hierdie brobleempunte is deur raadslede Joubert en Loots aan die amptenare uitgewys. Die vullis stortingsterreine is ook besoek en die amptenare het ook aangedui dat die genoemde dienste in dieselfde haglike toestand is as wat dit was tydens ‘n vorige besoek.
Mnr Tau Moroaswi het aangedui dat sy departement dringend die nodige stappe sal neem om die situasies aan te spreek. Die DA is reeds besig om die besoek op te volg. Die amptenare het verskeie fotos geneem en spoedige reaksie belowe.