Huis Immergroen en Bosveld oord

Inwoners van die aftreeoorde, Huis Immergroen en Bosveld oord, in Thabazimbi is Saterdag 23 Mei op ‘n uitstappie na Marakele Nasionale park getrakteer. Na ‘n wildsbesigtigingstoer deur die park het hulle by die piekniekplek binne die Kwaggasvlakte gedeelte van die park gaan uitspan waar hulle met lekkernye en ‘n heerlike bosbraai onthaal is. Die uitstappie is gereël deur Jan (“Jan Maklik”) en verder geborg deur, Kwagga Put Pub & Grab op die R511 na Northam en die Cimarrons “Iron Clan” motorfietsklub. Die bus wat gebruik is, is deur Stefanutti Stocks geborg. Die borge wat die seniors vergesel het, het vir al die lekker bederf gesorg en het gesellig saam gekuier.