Waarborge en voorwaardes

TermeMain
As jy ‘n nuwe Hi-Fi of TV koop bêre jy gewoonlik die boekie sonder om die waarborgvoorwaardes te lees. Jy sal dit lees as daar iets fout gaan. In baie gevalle hardloop die verbruikers na die verskaffer sonder om die boekie te lees. Onoselheid oor die inhoud van die waarborg beteken mos jy kan dalk oningelig wees en nog steeds eis ses maande nadat die waarborg verval het.
Koop ‘n nuwe voertuig en dit wat die agent aan jou vertel is dalk nie dieselfde as wat in die waarborg staan nie. Dit gaan nie help om op die agent terug te val nie – tien-teen-een werk hy nie eens meer daar as jy oor die voertuig wil kla nie, indien hy steeds daar is gaan hy jou nie onthou nie.
Baie mense het al hierdie stalletjie afgetrap, en tog, leer hulle nie ‘n les nie, veral as dit by die gebruik van sosiale media kom nie.
Die afgelope week het ons in Thabazimbi ‘n voorval op een van die sosiale bladsye gehad van mense wat duidelik nie die voorwaardes en terme gelees het toe hulle by een van die gewilde sosiale bladsye aangeteken het nie.
Om te keer dat die regte eienaars wat die sosiale bladsy besit, nie die eienaar van die betrokke blad van die stelsel vir altyd wegjaag nie, moet hy/sy kontrole hê oor elke boodskap wat op sy bladsy gepubliseer word. Ietwat van ‘n uitputtende taak.
Juis hierom is dit belangrik dat elke gebruiker van die sosiale bladsye op internet hulself van die terme en voorwaardes wat vir hierdie tipe bladsye bestaan, vergewis. Gaan lees dit gerus – van voor tot agter. Jy kan dit maklik kry deur net die betrokke sosialeblad se naam te Google gevolg deur terms and conditions. Indien die blad tot jou voordeel sterk, moet dit nie misbruik deur dit wat jy daarop plaas wat teenstrydig is met die terme en voorwaardes nie. Die mense wat so maklik adverteer sonder om die bestaande kanale te gebruik, kan ook maar gaan lees. Daar is ‘n redelike lys van voorwaardes waaraan voldoen moet word, of jy word vir altyd van die betrokke sosialeblad verwyder. Jou teks mag byvoorbeeld nie meer as 20% van die advertensiespasie beslaan nie.
Om jou dan nog oor ras, seksuele oriëntasie of geloof uit te laat is ‘n groot taboe. Die alternatief is lasteraksies wat uit jou misbruik van die sosiale blad kan voortvloei.
Jy dink miskien jou inligting is veilig, want jy het verseker dat net jou naby vriende jou blad mag sien. Wat jy nie besef nie is dat jy aan die eienaars wat die sosiale blad klaar toestemming gegee het om al jou inligting te deel om meer adverteerders na hul webtuiste te trek. Weereens – jy het nie die terme en voorwaardes gelees toe jy jou naam ingetik het om te registreer nie.
So pas maar op. Dit wat jy in jou hele lewe op die sosiale webblad geplaas of geskryf het is vir altyd daar vir die “Groot Broer” om tot sy eie voordeel te gebruik.