Geliefde predikant oorlede

Ds Kalfie Loots is op 16 Mei op die ouderdom van 72 skielik oorlede.
Ds Kalfie Loots is op 16 Mei op die ouderdom van 72 skielik oorlede.

THABAZIMBI – C Ds FGJ Loots beter bekend as ds Kalfie, is Saterdagaand 16 Mei 2015 skielik oorlede.
Alhoewel hy die afgelope 2 jaar met sy gesondheid gesukkel het, het hy steeds eredienste gehou en was die laaste paar jaar werkagtig by die Nederduitsch Hervormde gemeente Vaalwater. Hy het immers Saterdagoggend ‘n huweliksbevestiging daar waargeneem.
Hy was ‘n geliefde predikant en hy en sy gesin die afgelope 25 jaar in Thabazimbi gebly.
Hy is gebore op 22 Julie 1942 ge Lichtenburg in die ou Wes-Transvaal, sy eerste gemeente was te Ellisras waar hy op 17 Februarie 1968 as predikant bevestig is. Hy is 5 Januarie 1974 in die huwelik bevestig met Maryna Fourie, vanaf Ellisras. Uit die huwelik is twee kinders, Franco en Ingemarì, gebore.
Sy begrafnis diens vind vandag om 11:00 vanuit die Nederduitsch Hervormde Gemeente Vliegepoort, Thabazimbi plaas. Die begrafnis diens sal gelei word deur professor Theuns Dreyer en die ter aarde bestelling sal waargeneem word deur ds Petri van Rooyen.