Oud en geliefde boer en inwoner van Thaba is oorlede

Hans Grobler is skielik oorlede in die vroeë oggend ure van 13 Mei. Sy begrafnis vind môre plaas op die familie plaas, Groothoek.
Hans Grobler is skielik oorlede in die vroeë oggend ure van 13 Mei. Sy begrafnis vind môre plaas op die familie plaas, Groothoek.

THABAZIMBI – Oom Hans Grobler ‘n opperste boer en geliefde man is skielik op Woensdag 13 Mei in die vroeë oggend ure oorlede op die ouderdom van 79.
Hy sal altyd onthou word vir sy mooi geel perskes en vars groente wat hy aan die Thabazimbi gemeenskap en omgewing gelewer het. Hy was ook lank werksaam op Iskor en sy kennis van die myn en ystererts was al om bekend.
Oom Hans laat sy vrou Lenie Grobler, twee seuns, drie dogters en kleinkinders agter.
Sy begrafnis gaan môre (Saterdag, 16 Mei) om 11:00 op die plaas Groothoek, waar hy gebore is en sy hele lewe gebly het, plaasvind.