HFM Rugby- en hokkie spanne loop oor Ellisras

Een van HFM se hokkie spanne wat Ellisras gemoker het die afgelope naweek.
Een van HFM se hokkie spanne wat Ellisras gemoker het die afgelope naweek.

THABAZIMBI – Die Rugby spanne van Frikkie Meyer het goeie rekenskap van hulself oor die naweek (9 Mei) gegee toe hulle teen Hoërskool Ellisras te staan gekom het.
Volgens die afrigters is daar nog leemtes en ruimte vir verbetering binne die strukture van die spanne. As hierdie leemtes aangespreek word en hard bly werk, kan HFM ‘n goeie seisoen beleef.
Die volgende wedstryd is teen Hans Strijdom te Naboomspruit op 16 Mei en dit beloof om ‘n groter uitdaging te wees.
Die rugby spanne se uitslae is as volg:
o/14 A wen 48-0
o/14 B wen 41-5
o/15 A wen 26-5
o/15 B wen 36-0
o/16 A wen 58-0
Tweedes wen 33-0
Eerste span wen 55-12
HFM se hokkie spanne het die ook die Ellisras spanne behoorlik pak gegee. Al die dogters en afrigters het baie hard geoefen vir die derde liga wedstryd en die harde werk was sigbaar op die veld en telbord. Die eerste hokkie span se wedstryd was een rigting verkeer na HFM se doelhok toe, die telling van 15 doele is groot in hokkie. Die 15 doele is aangeteken deur Lesne Pauw (1), Annia Engelbrecht (1), Mary Hayes (3), Anna Jordaan (3), Stephanie Robbertse (3) en Tiffany Robbertse (4). Die tweede hokkiespan se telling was nie so groot nie, want Ellisras het hul eerste span se doelwagter gebruik.
Die uitslae van die hokkie is as volg:
o/14 A wen 9-0
o/15 A wen 6-0
o/15 B wen teen o/14B 1-0
o/16 A wen 10-0
Tweedes wen 3-0
Eerste span wen 15-0