Bosveldoord vier hul 33ste verjaardag

Dalien van der Westhuizen was die “Bingo” Wenner saam met Rachel Rossouw, maatskaplike hulpwerker van die SAVF Thabazimbi
Dalien van der Westhuizen was die “Bingo” Wenner saam met Rachel Rossouw, maatskaplike hulpwerker van die SAVF Thabazimbi

THABAZIMBI – Die SAVF het 6 Mei saam met die Bosveldoorders die oggend geniet. Daar is klem gelê op hoe belangrik ware vriendskappe is. Die SAVF het die bejaardes vermaak deur “Bingo” te speel. Almal het dit vreeslik geniet. Heerlike verversings is ook daarna geniet. Bosveldoord bedank ‘Nader vir die heerlike verjaardagkoek, asook die SAVF en elke ander persoon wat iets te ete saam gebring het.