Boere en planne

laptop-candle
“‘n Boer maak ‘n plan” is seker een van die min uitdrukkings wat in geen ander taal of kultuur bestaan nie. Nie weens die feit dat die boer wit is nie, maar omdat die vroeë boere, in hierdie afgeleë wêreld so afgesny was en van dit waaraan hulle gewoond en ontneem is as gevolg van ‘n verskeidenheid van redes.
Eerstens was daar die Vryburgers aan die Kaap. Mense vanaf Europa in diens van die Oos Indiese Kompanjie wat die seeroete tussen Europa en die speserye van die Oosterse lande beheer het. Hierdie mense het in die Kaap gewerk om ‘n verversingstasie tot stand te bring vir die verbygaande skepe en moes met die minimum van werktuie, en saad, die verversingspos in stand hou.
Hulle het nie gestaak omdat die skip wat nuwe groentesaad en ander lewensmiddele soos suiker en alles waaraan hulle gewoond was in Europa, laat was of dalk oppad na die Kaap gesink het nie. Die maatskappy waarvoor hulle gewerk het, het besef dat dit beter sou wees om aan hulle vryburgerstatus te verleen waardeur hulle vrygestel was van hulle pligte as werknemers van die Kompanjie, en eerder as entrepreneurs hul dienste en produkte aan die Kompanjie kon lewer.
Met Europese vroue maar skaars, kan niemand ontken dat slavinne van Maleisië deel geword het van hierdie vryburgers se voortbestaan nie. Hulle het almal voortgebou aan oorlewing; want ‘n boer maak ‘n plan.
Hulle het druiwewingerde aangelê, die binneland verken en wildsvleis gedroog om te oorleef. Een van hierdie lekkernye, biltong, is tipies van Suid-Afrika. Daarsonder sou hulle nie die Groot Trek uit die koloniale Britse Kaap, asook die uitmergelende oorlog teen oor die Britse besetting van die Boere Republieke so lank kon weerstaan het nie. Boerebeskuit en biltong is een van die beste bewyse van “’n Boer maak ‘n plan”. Die rede – Hulle het reeds honderde jare gelede geleer om te oorleef deur as entrepreneur hul produkte aan die mark te verskaf.
Snaaks genoeg: Deesdae noem hulle hierdie entrepreneurs vreemdelinge, met die gepaardgaande xenophobia. Hierdie “vreemdelinge” maak planne om te oorleef en wag nie op ‘n skip om hulle te help nie. Nieteenstaande xenophobia, bly baie van hulle eerder aan in Suid-Afrika, want in die Afrika lande waar hulle vandaan kom, gaan dit erger.
Een van die groot redes hoekom die Hollanders vroeër as die Zulu’s, wat maar net van Midde-Afrika hierheen getrek het, eerste die Suidpunt van Suid-Afrika bereik het, was die feit dat hulle met nuwe tegnologie, die groot seilskepe, die vinniger pad op die oseane aangedurf het, eerder as om te voet te trek, en oppad hierheen boonop die kleiner stamme in hulle pad moes uitmoor, voordat hulle verder kon trek.
Die president se afgelope besoek aan Rusland is ‘n bewys hiervan. Steeds kan hulle nie ‘n plan maak nie, dis nou die mense in beheer van die land se nasionale lugmag. Dit het vier vliegtuie geverg om die president, wat so graag die Russe se wapenskou en magsvertoon wou meemaak, terug te kry in sy geliefde Suid-Afrika.
Inkwazi, die amptelike vliegtuig van die president, het vanaf Kaapstad die gewigtige vrag, met net een stop in Ankara, tot in Moskou gedra. ‘n Klein tegniese probleem het veroorsaak dat, vir veiligheid, die vliegtuig op sy terug roete na Suid-Afrika met sy gewigtige kosbare vrag, buiten Ankara, ook by Entebe in Uganda sou moes land. Duidelik het die boere ‘n plan gemaak om met ‘n klein bietjie ongerief van ‘n addisionele landing by Entebe, sy majesteit, die president, veilig terug te bring na Suid-Afrika.
Maar nee – die boer (dis nou sekerlik die vlieëniers en vlugingenieurs, in medewerking met die Russiese grondpersoneel en ingenieurs – ongeag die ras of kleur van enigeen van hierdie betrokke tegnici en vlieëniers), het hierdie plan gemaak. Die ANC kaders, wat as hoof van die lugmag ontplooi is, neem besluite wat uiteindelik vier groot straalvliegtuie behels het, om hul geliefde Zulu President (koning) terug in die land te kry.
‘n Groot luukse straler word vanaf Dubai ingevlieg om die president “Non-Stop” te laat terugvlieg na Suid-Afrika. Wat gebeur? Die president mis sy vlug en die personeel is geforseer om op die Suid-Afrikaanse belastingbetaler se onkoste in duur hotelle oor te bly. Hierdie vliegtuig keer ongedane sake terug na Dubai. Weereens betaal die Suid-Afrikaanse belastingbetaler vir hierdie vliegtuig wat ten duurste van Longtail Aviation deur die Suid-Afrikaanse Lugmag gehuur is.
Op 12 Mei vlieg Zuma met ‘n onbekende luukse traler regstreeks vanaf Rusland – ook op die rekening van die Suid-Afrikaanse belastingbetaler, terug tot op Waterkloof. ‘n Addisionele straler moes boonop ingespan word aangesien die vliegtuig waarin Zuma teruggevlieg het, nie genoeg sitplekke gehad het om die amptenary, wat hom vergesel het, op dieselfde vlug te akkommodeer nie.
Inkwazi, wat ook op 12 Mei vanuit Rusland vertrek het, het buiten die twee landings by Ankara en Entebe, nog voor die president se vliegtuig op Waterkloof geland, betyds om hom verder na Kaapstad te vlieg.
Dit wys selfs dat, al het jy die wêreld se tegnologie in jou guns, dit nie noodwendig werk nie.
Kom ons bly maar by ‘n boer maak ‘n plan, en basta met die res. Solank jy planne kan maak, sal jy oorleef. “ANC Kader” – hy maak ‘n plan – Eish – hy gaan nie werk nie” – kyk maar net na die kragonderbrekings, swak sanitêre beplanning en gebrekkige dienstelewering op alle vlakke. Sommer na die hele Suid-Afrika wat terug val in donker Afrika terwyl korrupsie hoogty vier en die koningklike president die belastingbetaler se geld blaas.

Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël

NS: Hierdie kommentaar is op my battery aangedrewe rekenaar getik met behulp van kerslig, iets wat Afrikane nog nie eens uitgevind het nie – sou ‘n fakkel moes gebruik as dit van hulle afhang het. Die rede – Die ANC kan nie beplan nie, mors belastinggeld op hul kader aanstellings en onbevoegde werkers, inplaas van instandhouding van Suid-Afrika se elektrisiteitsnetwerk en ander noodsaaklike dienste wat voorheen doeltreffend gewerk het. Hulle kan eenvoudig net nie die wiele aan die rol hou nie want die wiel is nog nie deur Afrikane uitgevind nie.