Laerskool Thabazimbi seëvier by Super-8

Laerskool Thabazimbi se deelnemers aan die Super-8 Rugby- en Netbaltoernooi wat deur Laerskool Pietersburg aangebied is.
Laerskool Thabazimbi se deelnemers aan die Super-8 Rugby- en Netbaltoernooi wat deur Laerskool Pietersburg aangebied is.

PIETERSBURG – Laerskool Thabazimbi het die naweek van 24 en 25 April 2015 aan die Super 8 Rugby-en Netbaltoernooi te Polokwane deelgeneem wat deur Laerskool Pietersburg-Noord aangebied is.
Die volgende skole het deelgeneem:
Laerskool Pietersburg-Noord, Laerskool Phalaborwa, Laerskool Krugerpark, (Potgietersrus), Laerskool Bosveld (Ellisras), Laerskool Bergland (Nelspruit), Laerskool Louis Trichardt, Laerskool Lydenburg en Laerskool Thabazimbi.
Laerskool Thabazimbi het as volg presteer:
Die netbalspanne behaal ‘n algehele tweede plek met net een punt agter die wenner, Die o/10 behaal ‘n vierde plek, die o/11 ‘n Sesde plek, die o/12 ‘n Tweede plek, en die o/13 span, ‘n 0/13 Eerste plek. Die o/9 het slegs ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel.
Thabazimbi Laerskool se rugbyspanne is as algehele wenners aangewys met die o/10-span sowel as die o/9-span as wenners en die o/11 en, Eerste span in die tweede plek.
Hiermee word Laerskool Thabazimbi vir die tweede opeenvolgende jaar as Super-8 Wenners aangewys.