HFM sokker presteer

Spesiale melding is gemaak van die geweldige vordering wat ons O/17 seuns gemaak het vanaf laas jaar. Ons het ook ‘n uitnodiging gekry vanaf Mnr. Ricardo Katza (Supersport United Jeugafrigter – Sien Foto) om teen sy Jeugspan (O’17s) te speel.

Die Camp Discovery toernooi 2015 het in die afgelope weke plaasgevind en die uitslae is as volg: HFM vs St Catherines (Germiston) en wen 2-0. HFM vs Fields College (Rustenburg) en wen 2 -1. HFM vs Crawford College (Pretoria) en verloop 0-1 en HFM vs Meridian Karino (Nelspruit) wen HFM weer met 1 -0.
In die Semifinale wen HFM vir Fields College met 2-0 en dring deur na die finale toe waar hulle teen Crawford College gespeel het en met die eindfluitjie was albei 0-0. Dit gaan toe uit op doelskoppe en Crawford College wen met 4-2.
HFM eindig as naaswenners van die toernooi en daar is spesiale toekennings uitgedeel aan die HFM spanne soos volg:
Doel van die toernooi (van al spanne in al die ouderdomsgroepe – O/15, O/17 en O/19) Janky Melamo en HFM speler van die toernooi was Molefi Diale